MyABC Syfers & Somme

 
Hierdie opwindende nuwe speletjie leer jou kind van syfers en somme.
'n Syfer word vertoon op die skerm en u kind word gewys hoe om die syfer te
skryf, dit word uitgespreek en op 'n telraam visueel vertoon.



  Hierdie syfer word dan gebruik in verskeie aktiwiteite:

Die verwerkings plus, minus, vermenigvuldiging en deling word visueel
voorgestel om die begrip daarvan te versterk, die antwoord word dan ingetik
op die sleutelbord en uit 'n lys gekies.

   

   

Deur die pyltjies links, regs op en af te gebruik word die syfers rangskik
van klein na groot en rigting word ter selfde tyd uitgespreek en ingeskerp.



Jou kind tel die voorwerpe uit die lys van prentjies en kies asook tik
die hoeveelheid in.



Drie getalle word uitgespreek en jou kind moet die ooreenstemmende syfers
daarvoor intik en kies.



Geskik vir kinders 5 jaar en ouer.
Die CD bevat werk met syfers tot en met 100 (verstelling vir 5,10,20,50 of 100)

  'n Veiligheidsfunksie verhoed toegang tot u bedryfstelsel.
  'n Skerm vertoon area van 800x600x16 word vereis.
  Werk met Microsoft® Windows®




LAAI AF (DOWNLOAD) SYFERS EN SOMME